Tuisblad

Nuttige Skakels



Teken In

Birthday

  • Andries Steenkamp — 27 years old
    birthday was yesterday
  • Johan O`Kennedy — 24 years old
    birthday was yesterday
  • Lood Rabie — 22 years old
    birthday will tomorrow
Revamp Closure PDF Print E-mail

BRAVO VIR WILGENHOF!

(English follows)

 

Menere,

 

Die Argief fondsinsameling het tot ‘n einde gekom! Na 10 weke met bydraes van meer as 150 Oumanne van 1947 tot 2004 kan ons met trots sê dat ons suksesvol was met ons mikpunt van R200 000 deur R206 000 in te samel.

 

1995 het amptelik die meeste bygedra met R35 604 op die sluitingsdatum van die projek.  1992 was tweede met R33 400.  Die Plek het egter besluit om albei jaargroepe te nooi vir ‘n dinee en Pub-kuier aangesien hul so ‘n enorme bydrae gemaak het en die verskil so klein was.  Voorlopig sal hulle op 24 Maart 2012 optrek na Dok se Vakansieplaas vir ‘n groot kuier.  Gesels asb. met jou jaargroep se verteenwoordiger as jy in een van hierdie jaargroepe val.

 

1992: Herman Van Der Werf ( This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it )

1995: Dick Barry ( This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it )

 

Die Argief sal oor die volgende paar maande oorgedoen word en sal voltooi wees voor die eerstejaars aankom in 2012.  Dit gaan fantasties lyk!  Lees die Kwodpraatjies einde van die jaar om ‘n volledige verslag te kry van die projek.  Sien ook Willows se website vir foto’s sodra die projek afgehandel is.

 

Menere dit was werklik ‘n fenominale ervaring!  Die toewyding en trots van die Oumanne vir Die Plek reflekteer watter impak Wilgenhof op elkeen van ons gehad het en steeds het.

 

Dankie vir julle tyd, julle bydraes, julle moeite en geduld!

 

Laat Die Plek altyd bly staan!

 

Wilgenhof-groete

 

*************************************************************

Menere,

 

The “Argief” Revamp Financing-project has come to an end. After 10 weeks, with contributions from over 150 Oumanne spanning first years from 1947 all the way through to 2004, I can proudly tell you that we successfully raised R205 000, meeting the R200 000 goal we set out early into this project.

 

1995 officially raised the most, with R35 604 raised between them on the closing date. 1992 came in second place, having raised R33 400. The organisers have decided that, due to the large amount of money raised by each of these groups and the narrow gap between them, both year groups will be thrown a Dinner and Pub celebration. The preliminary date for this event is the 24th of March 2012, please speak to your representative if you are in one of these two year groups for full correspondence.

 

1992: Herman Van Der Werf ( This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it )

1995: Dick Barry ( This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it )

 

The Argief renovations will take place over the next few months, and will be fully completed with the arrival of the first years of 2012. It is going to look fantastic. A full report will be available in the Kwodpraatjies, and we will upload pictures onto the website upon it’s completion.

 

Menere, it has been a phenomenal experience. The devotion of the “oumanne” towards the “Plek” reflects how profoundly each one us has been and continues to be affected by the experience that is Wilgenhof.

 

I thank you for your time, your contributions, your efforts, and your patience.

 

“Laat die Plek altyd bly staan!”

 

Wilgenhof Groete,

 

Jurie Van De Vyver

 
New Website PDF Print E-mail
Thursday, 19 May 2011 15:17

New Website!

Menere, we have been hard at work reorganising the website in order to make it more user-friendly, functional and fully up-to-date.

 

We envision that the website will be the first resource utilised by prospective students, huidige inwoners and especially Oumanne in keeping up to date and in the know regarding all Wilgenhof activities. Ideally, we could contact everyone who ever was in Willows through the website, alleviating reliance on the university Alumni office.

 

Please register if you have not done so yet, it is quick and easy and grants you access to all the website's material.

 

We continue to make changes and updates on the website, be sure to check it regularly as we make more and more features available (including downloads etc.)

 

If you have any suggestions, comments or criticisms please feel free to email us on This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

Thank you for your continued support.

 

The Website Team.

Last Updated on Thursday, 19 May 2011 15:37
 
Krieketseisoen 2010/2011 PDF Print E-mail
Written by Louis Theron   
Thursday, 28 April 2011 00:09

 

Wilgenhof Krieketseisoen 2010/2011

‘n Ervare krieketheld en groot ouman van Wilgenhof, Sir Donald Bradman het eendag vir my gesê: “The only way to become a champion is to never lose”. Dit is die woorde waarvolgens die Wilgenhof 1ste XI die afgelope seisoen krieket gespeel het. Dit was vir my as kaptein ‘n groot eer om die mokkie te kon lig na n suksesvolle seisoen waar ons onoorwonne was en vir Dagbreek in die finaal op Coetzenburg met 29 lopies geklop het.

Nie net het die mokkie in Dok se gedenksentrum opgeëindig nie, maar kan ons ook trots wees op ‘n 85 persent wenrekord oor die afgelope vyf seisoene waar ons in 28 van die 33 wedstryde geseevier het. Die gevreesde Wilgenhof XI het in die afgelope ses seisoene die Koshuiskrieket Naweek-liga drie keer gewen. Die weekliga span het ongelukkig nie so goed gevaar nie en het uitgeval in die groepstadiums waar hulle wel in drie van die vyf wedstryde die oorhand gehad het. Alhoewel die uitslae van twee wedstryde nie in ons guns getel het nie kan ek uit persoonlike ervaring staaf dat beide spanne se toegewydheid, aanmerkings op die veld en spangees, ja gees aan die orde van die dag was. Die “Fines Meeting” na die Finaal het die span nader getrek, nederig gehou en net weer lus gemaak vir die volgende seisoen.

Aangesien daar vier debutante en nege senior spelers deel uitgemaak het van die span gedurende die jaar, is daar definitief nie n tekort aan krieket talent of ervaring in die koshuis nie, Ek glo en vertou dat die volgende seisoen ‘n goeie een sal wees waar die gevaarlike Wilgenhof XI weer die mokkie in Maart 2012 kan lig!

Jaco Cronje

 

Last Updated on Tuesday, 17 May 2011 21:13
 
Willows Gym PDF Print E-mail
Written by Louis Theron   
Wednesday, 27 April 2011 23:50

 

Willows Gym


Wilgenhof het ‘n splinternuwe gym gekry! Die Tantrap bouprojek
het gepaard gegaan met die bou van die nuwe gym. Aangesien
gymgereedskap ongelooflik duur is, moes daar eers deeglike
ondersoek ingestel word op die beste pryse moontlik.
Die beste oplossing is toe gekies en die gymgereedskap
was Januarie beskikbaar.

Aangesien spasie min is, is daar net die nodige, maar oorgenoeg
vir ‘n deeglike oefensessie. 2 Spin fietse, ‘n roeimasjien, bokssak,
dumbell gewigte vanaf 10kg tot 40kg elk, ‘n Squat rack met
oorgenoeg gewigte ens. is maar net van die toerusting wat jy
in die gym sal vind.

Die gym in Wilgenhof is baie gerieflik vir almal. Op die oomblik
het die gym +- 65 lede en natuurlik is die ledegeld spotgoedkoop.

Sodra meer gelde inkom, kan daar altyd uitgebrei word en meer
nodige toerusting aangeskaf word. Wie weet, dalk het elkeen
van ons een van die dae ons eie persoonlike gym instrukteur.

Jou vriendelike Sport HK

Tony Snyders

 

Last Updated on Tuesday, 17 May 2011 21:20
 
<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 Next > End >>

Page 1 of 7

Lukrake Fotos

Wie's Aanlyn?