"Wilgenhof Eetsaal" -- Andries Gouws 2012A (2013)

“Wilgenhof Eetsaal” (skildery/artwork) — Andries Gouws 2012A (2013)

Geriewe / Facilities

Wilgenhof spog met ‘n groot perseel reg in die middel van Stellenbosch. Die hoof-koshuisgebou huisves die meerderheid van die 212A inwoners en almal bly in ‘n dubbel-hool. Die oudste gebou is Old Bachelors en huisves die meer senior inwoners asook die primarius. In Bachelors sal jy die primkantoor, argief en Danie Craven Gedenksentrum (kroeg) vind. Wilgenhof beskik ook oor ‘n eetsaal, common room, muurbalbaan, twee tennisbane, ‘n gimnasium en ‘n luukse braaikamer wat in 2010 voltooi is. Die laaste gebou is Hamelhof en dien as die amptelike woning van die inwonende hoof van Wilgenhof.

Wilgenhof boasts a big premises in the middle of Stellenbosch. The main residence building houses more than 212A residents and everybody stays in a ‘dubbelhool’ (double room). The oldest building in Old Bachelors and houses the more senior residents as well as the primarius. In Bachelors you will find the prim office, the archive and the Danie Craven Memorial Centre (pub). Wilgenhof also has a dining hall, a common room, squash court, two tennis courts, a gymnasium, and a luxurious braai area which was completed in 2010. The last building is Hamelhof which serves as the official home for the Resident Head of Wilgenhof.

Dienste / Services

Binne Wilgenhof is daar verskeie dienste beskikbaar:

  • Die jarra-was-jou-eie-klere wassery word beman deur die vriendelike dames van Berco Dienste.
  • Fedics is in beheer van die kombuis en voorsien drie maaltye per dag. Fedics bestuur ook ‘n deli waar eet- en drinkgoed gekoop kan word tussen etes.
  • Elke hool of kamer bevat twee netwerkpunte, twee swotstasies, twee kaste, twee boekrakke, twee beddens en ‘n kragprop vir jou yskas of ketel.
  • Die common room het ‘n TV-stel met DSTV, ‘n klavier en ‘n tafeltennis-tafel en hierdie is als beskikbaar vir gebruik deur die inwoners.

Inside of Wilgenhof there are different services available:

  • The ‘jarra-was-jou-eie-klere’ (wash your own clothes) laundry room manned by the friendly ladies from EezyPay.
  • Fedics is responsible for the kitchen and provides three meals a day. Fedics also manages a deli where food and drinks are sold between meals.
  • Each hool (room) contains two network points, two swotstasies (desks), two cupboards, two bookcases, and a power outlet for you fridge or kettle.
  • The common room has a TV set with DSTV, a piano, a table tennis table and all of these are available for use by the residents.